H/v Albrecht en Genl Hertzogstraat, Dan Pienaar, Bloemfontein

Bloedbruide vir Christus deur prof. Jaap Durand

Op Sondagaand, 17 November 2019, word die jongste publikasie van prof. Jaap Durand, bekende teoloog en bekroonde skrywer uit die VGKSA en vroeër ook vise-rektor aan die Universiteit van Wes-Kaap, in die NG Kerk Berg-en-Dal in Bloemfontein bekendgestel.

Prof Durand, hierdie keer saam met Verena Schoeman, se “Bloedbruide vir Christus” is ‘n kort en toeganklike inleiding vir Suid-Afrikaanse lesers tot die geskiedenis van vrouemartelare uit die eerste eeue van die Christelike Kerk.  Prof Durand het in Dealesville groot geword, aan die Universiteit van die Vrystaat ‘n Meestersgraad in Filosofie behaal en daarna sy teologiese opleiding aan die Universiteit van Stellenbosch en aan die Vrije Universiteit in Nederland voltooi.

Hy het ‘n merkwaardige bydrae tot die Suid-Afrikaanse kerk- en teologiegeskiedenis gelewer en is onder andere deur sy alma mater hier in Bloemfontein met ‘n eredoktersgraad daarvoor bekroon.

“Bloedbruide vir Christus” verskyn by Bybel-Media, en belangstellendes word uitgenooi om die aand om 18:00 by Berg-en-Dal die skrywers te ontmoet en oor hul boek aan te hoor.

Vir meer besonderhede, kontak Rita van Zyl soggens in die kerkkantoor, by 051-436 2750.

 

“Prof. Jaap Durand”

Bloedbruide van Christus

“Beskikbaar – 17 November 2019”