
Op Sondagoggend, 17 November 2019 om 09:30, kom Berg-en-Dal byeen om dankie te sê vir die afgelope jaar, en om die begin van die Adventtyd feestelik in te lui.
Die teksvers vir die oggend is Galasiërs 4:4-7, en ons gaan die Woord soos dit vanjaar in die gemeente verkondig is ook weer oopmaak by Eksodus 20 en die Johannes-evangelie.
Daarby ‘n Kersverhaal vir al die kinders (kom in jul herdersklere of engele-gewade), en hartlike gemeentesang en pragtige Kersmusiek. Oud en jonk, vriend of vreemdeling – almal welkom!
Ná die diens, kuier ons in die kerksaal met ‘n koppie tee, koffie of sap en iets te ete saam .