Berg-en-Dal is ‘n Christelike Kerk wat saam met die Kerk van alle eeue en in alle oorde, ons geloof in die woorde van die Apostoliese Geloofsbelydenis bely… (lees meer)
Berg-en-Dal is a Christian Church which, together with the Church of all ages and in all places, confesses our faith in the words of the Apostolic Creed… (read more)
Eredienste
Eredienste hierdie Sondag
21 Desember 2025
Kerkdiens: 09:30 – 4e Sondag in Advent
-Ds. Jan Lubbe
Gesinsdiens in saal: 09:30 – Geen
–
Sothodiens: 15:00 – Geen
–
Aanddiens: 18:00 – Geen
–
Geen verdere Gesins-, Sotho- of Aanddienste tot 2026 nie
Eredienste volgende Sondag
28 Desember 2025
Kerkdiens: 09:30
-Ds. Janke Hurter
Gesinsdiens in saal: 09:30 – Geen
–
Sothodiens: 15:00 – Geen
–
Aanddiens: 18:00 – Geen
–
Geen verdere Gesins-, Sotho- of Aanddienste tot 2026 nie
Skakels na Erediensuitsendings en Gemeentefokus
21 Desember 2025
4e SONDAG IN ADVENT
“Lig uit Lig, tot lig vir die nasies” (NICEA 1 700)
Prediker: Ds. Jan Lubbe
Tema: Wag, kyk... Die Heilige Weg van die Here nooi uit, moedig aan én belowe: Lewe
Teks: Jesaja 62:1-12
14 Desember 2025
3e SONDAG IN ADVENT
“Lig uit Lig, tot lig vir die nasies” (NICEA 1 700)
Prediker: Ds. Jan Lubbe
Tema: Wag, kyk... Die Heilige Weg van die Here nooi uit, moedig aan én belowe: Lewe
Teks: Jesaja 55:1-13
30 November 2025
Taizédiens - Diens van Woord, stilte en Gebed
Prediker: Ds. Jan Lubbe
Tema: 'n Hart wat luister en sien... /A heart that listens and sees...
Teks: 1 Konings 3:5-12; Matthew 13:10-17; Efesiërs 1:15-23
Besoek ons ARGIEF vir vorige YouTube-skakels en uitgawes van Gemeentefokus, asook vir die Liturgieë van vorige Taizédienste en sekere ander eredienste
Belangrike kennisgewings
Ons roeping in 2025: "Op berge en in dale - oral voor Gods aangesig"
Lees meer oor ons ROEPING by WIE IS ONS?
Visie vir 2025: "Lig uit Lig. Tot lig vir die nasies."
1700 Jaarvieringe van die Geloofsbelydenis van Nicea (325-2025)
Lees die Geloofsbelydenis van Nicéa hier.
Desember 2025 en vroeg Januarie 2026 - Eredienste
DESEMBER 2025
Sondag, 7 Desember 2025 – 2e Sondag in Advent
09:30 – Ds. Jan Lubbe – Jesaja 35
Sondag, 14 Desember 2025 – 3e Sondag in Advent
09:30 – Ds. Jan Lubbe – Jesaja 59
Dinsdag, 16 Desember 2025 – Versoeningsdiens
09:00 – Ds. Janke Hurter
Sondag, 21 Desember 2025 – 4e Sondag in Advent
09:30 – Ds. Jan Lubbe – Jesaja 62
Donderdag, 25 Desember 2025 – Kersdag
09:00 – Ds. Johan Marais
Sondag, 28 Desember 2025
09:30 – Ds. Janke Hurter
Woensdag, 31 Desember 2025 – Oujaarsdiens
18:00 – Ds. Janke Hurter
JANUARIE 2026
Sondag, 4 Januarie 2026 – Epifanie
09:30 – Ds. Janke Hurter
Sondag, 11 Januarie 2026
09:30 – Ds. Johan Marais
Sondag, 18 Januarie 2026 – Eerste gesamentlike erediens vir 2026
09:30 – Ds. Jan Lubbe
Die aankondiging...
Gebed vir Advent 2025
Gebed vir Advent 2025
Verlofreëlings - Leraars en Kerkkantoor
Verlofreëlings leraars:
Ds. Johan Marais: 7 tot 23 Desember en 2 tot 9 Januarie 2026
Ds. Jan Lubbe: 22 Desember tot 11 Januarie 2026
In geval van nood, lief en leed gedurende die vakansietyd, kontak die leraar aan diens vir enige pastorale hulp: ds. Jan Lubbe tot 22 Desember 2025; ds. Johan Marais Kersdag tot Nuwejaarsdag; en ds. Janke Hurter van 3 tot 11 Januarie 2026.
Kantoorpersoneel verlofreëlings:
Denise Louw (skriba) 15 Desember tot 4 Januarie 2026
Marthina van Zyl (kassier) 12 Desember tot 4 Januarie 2026
Pieter Wilken (koster) 12 Desember tot 4 Janurie 2026
Die Kerkkantoor sluit op Vrydag, 12 Desember en heropen op Maandag, 5 Januarie.
Daar sal wel elke Sondag vir 15 minute ná die oggenddiens kans wees vir vinnige navrae.
Spesiale Insameling -
Sondag, 23 & 30 November 2025 - Siësta brose sorgafdeling badkamerbenodigdhede
Baie dankie aan elkeen wat bygedra het. Dit word opreg waardeer.
Spesiale Insameling -
Sondag, 23 & 30 November 2025 -
Tswellang Spesiale Skool
nie-bederfbare kos
Berg-en-Dal se Boekwinkel
Kom maak gerus ‘n draai by ons nuwe Boekwinkel in die Kerkkantoor vir produkte van
- CLF
- BybelMedia
- Bybelgenootskap
Daar is…
- Interessante leesstof
- Boeke vir geskenke
- Kinderboeke
- Bybelstudiegidse
- Bybels in Afrikaans en Sotho
- Liedboeke
- en ander produkte
Winkeltye:
Weeksoggende 08:00-13:00 (gewone kantoorure)
Sondae net ná die erediens…
Kategese vir 2025
Kategese het reeds afgesluit vir die jaar. Ons benodig nog kategete vir 2026.
Lees meer oor KATEGESE by HOE WERK DIT?
Nuwe intrekkers en bestaande lidmate
Nuus van Elders
NG Kerk Nuus
‘n Stukkie Kerkgeskiedenis
In die jaar 2024 was dit presies twee eeue sedert die eerste “Algemeene Kerkvergadering” op 2 November 1824 in Kaapstad byeengekom het; die eerste uitdrukking van ons kerkverband. Destyds was dit 14 gemeentes en ‘n vergadering van 25 lede, en hulle het uit verskillende historiese agtergronde, teologiese tradisies en spiritualiteite gekom – breedweg, die Reformasie, maar daar was Nederlandse hervormdes, sendelinge uit die London Missionary Society, en Skots-Presbiteriane. Dít was ons diversiteit van die begin af. In die volgende vier dekades egter, sou daar deur demografiese migrasies, sosio-politieke verskille en ‘n breë teologiese geskil nie minder as drie kerkverbande tot stand kom (Hervormd in die ZAR, 1853; Gereformeerd rondom Potchefstroom en Burgersdorp, 1859; algaande ook ‘n Zendingskerk, 1857 en later), asook selfstandige NG Kerke in Natal, die Vrystaat en Transvaal… Maar in 1824, was ons nog almal één.
Die versugting is dat die herdenking van 200 jaar meer as net ‘n “onthou” sal wees. Die versugting is dat dit inderdaad herstel sal bring, heling en ‘n vind van mekaar in ons gedeelde roeping (waaroor daardie eerste kerkvergadering / sinode hartgrondig gepraat het).
Algemene Sinode van die NG Kerk 2023
Van Berg-en-Dal se kant af…
Die Kerkraad van Berg-en-Dal ondersteun ds. Jan Lubbe as voorsitter van die Moderamen van die Algemene Sinode van die NG Kerk en bid hom die seën en wysheid van die Here toe vir sy roeping en verantwoordelikheid om ‘n leidinggewende rol binne die NG Kerk te vervul. Ook vir sy rol as voorsitter van die Moderamen van die NG Kerk in die Vrystaat.
Algemene Sinode Moderamen se Roepingsverklaring vir die NG Kerk in 2024
Algemene Sinode Moderamen se Pastorale Brief in Augustus 2025
Lees die Dagbestuur van die Algemene Sinode Moderamen se Pastorale Brief aan Gemeentes in Augustus 2025 (2025-08-15)
Algemene Sinode Moderamen se Pastorale Brief in Februarie 2025
Lees die Algemene Sinode Moderamen se Pastorale Brief aan Gemeentes in Februarie 2025 (2025-02-15)