Berg-en-Dal is ‘n Christelike Kerk wat saam met die Kerk van alle eeue en in alle oorde, ons geloof in die woorde van die Apostoliese Geloofsbelydenis bely… (lees meer)
Berg-en-Dal is a Christian Church which, together with the Church of all ages and in all places, confesses our faith in the words of the Apostolic Creed… (read more)
Eredienste
Eredienste hierdie Sondag
26 Julie 2026
Kerkdiens: 09:30 – Gesamentlik
-Ds. Johan Marais
Gesinsdiens in saal: 09:30 – Geen
-Gesamentlike diens
-Kategese begin vir die kwartaal
-Koragiete Koffiehuis in die saal ná kerk
Sothodiens: 15:00
-Teol. std. Steve Popane
Aanddiens: 18:00 – Taizé
-Dr. Martin Laubscher
Diens van Woord, stilte en gebed
Eredienste volgende Sondag
2 Augustus 2026
Kerkdiens: 09:30
-Ds. Jan Lubbe
Gesinsdiens in saal: 09:30
-Ds. Janke Hurter
Sothodiens: 15:00 – Geen
-Afnaweek
Aanddiens: 18:00 – Wyksbyeenkoms
-Tyd en plek van ontmoeting word deur wyksouderlinge gereël
-‘n Wyksbyeenkoms in die Jeugkamer om 18:00
Tema: “Hoe die Gees van God ‘n mens (en ‘n gemeente) se oë oopmaak vir iets nuuts!”
Skakels na Erediensuitsendings en Gemeentefokus
26 Julie 2026
1956-2026 Berg-en-Dal 70 jaar voor Gods aangesigKoninkrykstyd
Prediker: Ds. Johan Marais
Tema: Swaarkry → volharding → Koninkryk/Heerlikheid
Teks: Openbaring 1:1-20
19 Julie 2026
1956-2026 Berg-en-Dal 70 jaar voor Gods aangesigKoninkrykstyd
Prediker: Ds. Jan Lubbe
Tema: Wysheid
Teks: Jakobus 3:17-18
26 Julie 2026
"In die nag, en in die dag, oral voor Gods aangesig"
Taizédiens - Diens van Woord, stilte en Gebed
Prediker: Dr. Martin Laubscher
Teks: Genesis 1:1-5; Psalm 74; Matteus 14:13-14, 23
Besoek ons ARGIEF vir vorige YouTube-skakels en uitgawes van Gemeentefokus, asook vir die Liturgieë van vorige Taizédienste en sekere ander eredienste
Belangrike Kennisgewings
1956-2026 Berg-en-Dal 70 jaar voor Gods aangesig
Ons roeping in 2026: "Op berge en in dale - oral voor Gods aangesig"
Lees meer oor ons ROEPING by WIE IS ONS?
Februarie 2026 - Eredienste
- Eredienste
Sewe Boodskappe vir die Sewentigste Jaar
Julie 2026 - Eredienste
Julie 2026
Sondag, 26 Julie 2026
09:30 – Kerk – Gesamentlik – Ds. Johan Marais
15:00 – Sothodiens – Teol. std. Steve Popane
18:00 – Taizé – Ds. Jan Lubbe – (Diens van Woord, stilte en gebed)
Augustus 2026 - Eredienste
Augustus 2026
Sondag, 2 Augustus 2026
09:30 – Kerk – Ds. Jan Lubbe
09:30 – Gesinsdiens in die saal – Ds. Janke Hurter
09:30 – Nagmaal by Siësta – Ds. Johan Marais
15:00 – Geen Sothodiens (Afnaweek)
18:00 – Wyksbyeenkoms (plek en tyd soos deur wyksouderlinge gereël)
Julie en Augustus 2026 - Bedieningsvergaderings
Julie 2026
Maandag, 27 Julie 2026 – 17:30 – Gemeentebediening
Dinsdag, 28 Julie 2026 – 17:30 – Jeugbediening
Dinsdag, 28 Julie 2026 – 19:00 – Erediensbediening
Donderdag, 30 Julie 2026 – 17:30 – Getuienis- en Barmhartigheidsbediening
Augustus 2026
Maandag, 3 Augustus 2026 – 17:30 – Diensverhoudinge
Dinsdag, 4 Augustus 2026 – 17:30 – Komitee vir Eiendomme
Dinsdag, 11 Augustus 2026 – 17:30 – Komitee vir Geldsak
Maandag, 17 Augustus 2026 – 18:00 – Dagbestuur
Sondag, 23 Augustus 2026 – 18:00 – Pastorale Gesprek en Kerkraadsvergadering
Berg-en-Dal en ander gemeentes bied hulp aan burgers van Zimbabwe en Malawi
Saterdag en Sondag, 4 & 5 Julie 2026
Skenkings is ontvang. Vrywilligers het hard gewerk!
Toebroodjies is gesmeer en kospakkies is gepak. Sop is gekook en aan vlugtelinge bedien.
1780 Burgers van Zimbabwe en Malawi reis per bus vanaf Kaapstad na Musina om gerepatrieer te word na hulle lande van oorsprong
Berg-en-Dal was deel van ‘n span vrywilligers in Bloemfontein en Kaapstad wat hierdie groep ondersteun het. Vóór hierdie groep en in die dae daarna het nog ‘n paar duisend buitelandse burgers die reis na die noorde onderneem. Hulle is deur ander organisasies ondersteun. Berg-en-Dal het gereageer op ‘n oproep deur ResponseSA in Kaapstad, ‘n organisasie wat in noodtoestande deur ‘n netwerk van vrywilligers hulp verleen.
Sop en kospakkies is aan almal uitgedeel. Ekstras soos toiletpapier, sanitêre doekies, babadoeke en kos vir kleuters is ook voorsien.
Dankie aan elke vrywilliger vir die groot hulp en milde skenkings! Groot waardering vir Marthina van Zyl wat leiding geneem het by Berg-en-Dal!
Kom brei saam en maak 'n verskil!
Poppieprojek en Vroetelmoue...
Lees meer oor die Poppieprojek by https://www.ngkerkvrystaat.co.za/visionering/vroue-bediening/poppie-projek/
Lees meer oor die Vroetelmoueprojek by https://maroelamedia.co.za/leefstyl/goeie-nuus/brei-vroetelmoue-vir-demensie-en-alzheimer-pasiente/
Nuwe intrekkers en bestaande lidmate
Kry die 2026 Almanak by die Kerkkantoor
Nuwe Intrekkers: meld ná kerk aan by die Kerkkantoor
Lees meer oor NUWE LIDMATE by HOE WERK DIT?
Bestaande lidmate: besoek die kerkkantoor en maak seker dat u lidmaatbesonderhede opgedateer en korrek is op die kerk se databasis
Kategese vir 2026
Kategese vir die derde kwartaal begin weer op Sondag, 26 Julie 2026.
Geen kategese tydens skoolvakansie nie.
Lees meer oor KATEGESE by HOE WERK DIT?
Berg-en-Dal se Boekwinkel
Kom maak gerus ‘n draai by ons nuwe Boekwinkel in die Kerkkantoor vir produkte van
- CLF
- BybelMedia
- Bybelgenootskap
Daar is…
- Interessante leesstof
- Boeke vir geskenke
- Kinderboeke
- Bybelstudiegidse
- Bybels in Afrikaans en Sotho
- Liedboeke
- en ander produkte
Winkeltye:
Weeksoggende 08:00-13:00 (gewone kantoorure)
Sondae net ná die erediens…
Nuus van Elders
NG Kerk Nuus
‘n Stukkie Kerkgeskiedenis
In die jaar 2024 was dit presies twee eeue sedert die eerste “Algemeene Kerkvergadering” op 2 November 1824 in Kaapstad byeengekom het; die eerste uitdrukking van ons kerkverband. Destyds was dit 14 gemeentes en ‘n vergadering van 25 lede, en hulle het uit verskillende historiese agtergronde, teologiese tradisies en spiritualiteite gekom – breedweg, die Reformasie, maar daar was Nederlandse hervormdes, sendelinge uit die London Missionary Society, en Skots-Presbiteriane. Dít was ons diversiteit van die begin af. In die volgende vier dekades egter, sou daar deur demografiese migrasies, sosio-politieke verskille en ‘n breë teologiese geskil nie minder as drie kerkverbande tot stand kom (Hervormd in die ZAR, 1853; Gereformeerd rondom Potchefstroom en Burgersdorp, 1859; algaande ook ‘n Zendingskerk, 1857 en later), asook selfstandige NG Kerke in Natal, die Vrystaat en Transvaal… Maar in 1824, was ons nog almal één.
Die versugting is dat die herdenking van 200 jaar meer as net ‘n “onthou” sal wees. Die versugting is dat dit inderdaad herstel sal bring, heling en ‘n vind van mekaar in ons gedeelde roeping (waaroor daardie eerste kerkvergadering / sinode hartgrondig gepraat het).
Vrystaat Sinode 2026
Vrystaat Sinode Mei 2026 - AGENDA en SINODELIED
Lees die Agenda van die Vrystaat Sinode 7-10 Mei 2026 (2026-05-30)
Vind die Bladmusiek van die Sinodelied 2026 hier, Woorde: Jan Lubbe (n.a.v. Esegiël 47:1-12), Musiek: Anton Esterhuyse (2026-06-20)
Vrystaat Sinode Moderamen se Pastorale Brief in Februarie 2026
Lees die Moderamen van die Vrystaat Sinode se Pastorale Brief aan Gemeentes in Februarie 2026 (2026-02-05)
Algemene Sinode Moderamen se Pastorale Brief in Augustus 2025
Lees die Dagbestuur van die Algemene Sinode Moderamen se Pastorale Brief aan Gemeentes in Augustus 2025 (2025-08-15)
Algemene Sinode Moderamen se Pastorale Brief in Februarie 2025
Lees die Algemene Sinode Moderamen se Pastorale Brief aan Gemeentes in Februarie 2025 (2025-02-15)
Ondersteun ons
Kerkdiens - 09h30
-direkte uitsending van oggenderediens via youtube
-Doop en Nagmaal: raadpleeg Almanak 2023 vir datums van sakramentsbediening
Gesinsdiens - 09h30
-hoofsaaklik gerig op gesinne met jong kinders, tot en met graad 4
-meer informele styl
-Junior Kategese (peuters, kleuters en Graad 1-4) - net ná die Gesinsdiens - 10:00-10:35
Aanddiens - 18:00
-gewone aanddiens
-diens met spesifieke tema: Getuienis, Hoop en Heling
-Preek van die Leek
-aktuele onderwerp met sprekers
-Jeugbediening: Lofprysing, Matriekdiens, Gr.7-diens, Afsluiting van Kategese
-Diens van Woord en Gebed - Taizé
-Pastorale Gesprek
-Paassangdiens saam met DRC Andrew Murray
-Hervormingsfees saam met GKSA Bfn-Noord
-Wyksbyeenkoms kwartaalliks
-raadpleeg Almanak 2023 vir besonderhede
Sothodiens - 15h00
-aangebied deur teologiese student Steve Bopane
Diens van Woord en Gebed - Taizé - 18h00
-plek van stilte, gebed, musiek en Skriflesing
-God laat Hom vind in die stilte van ons gebed
-enigiemand wat hunker na God, ongeag watter kerk, kulturele agtergrond of taalgroep, oud en jonk, is welkom
-laaste Sondag van die maand
-raadpleeg Almanak 2023 vir datums
Uitsendings via YouTube
Liturgiese simbole, klede en kleure
Lees meer hieroor by Liturgiese klede en kleure.