Nuwe Lidmate

Berg-en-Dal verwelkom graag belangstellendes wat by die gemeente wil inskakel.

Om nuwe lidmate so gou moontlik by Berg-en-Dal in te skakel en te laat tuis voel, benodig ons u besonderhede. Ons wil u ook graag volgens u gawes en belangstellings  by die bedieninge van die gemeente betrek.

Lidmate word op grond van woonadres by ‘n wyk ingedeel. Die wyksouderling behoort so gou moontlik met u te skakel en u deel te maak van die wyk se Whatsapp-groep. Erediensinligting (Fokus en YouTube-erediensskakel) word weekliks via Whatsapp gedeel.

Elke Sondag is daar tee en koffie in die binnehof en alle lidmate, veral nuwe lidmate, word hartlik uitgenooi om in die samesyn te deel. 

Die Berg-en-Dal Almanak 2026 is by die kerkkantoor beskikbaar. 

Lees meer oor die beskerming van persoonlike inligting in die Handleiding: Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013.

Handleiding: Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013

Nuwe intrekkers:

Laai die volgende dokumente af, voltooi dit en besorg dit aan die kerkkantoor:

Lidmaatbesonderhede en POPIA-toestemmingsbrief om te voltooi:

Vorm vir gawes en belangstellings van nuwe lidmaat om te voltooi:

Vir meer inligting oor dankoffers en ‘n debietordervorm: 

Wyke

Wyke se verantwoordelikhede

Wyke sorg vir

  • onderlinge omgee en sorg vir wykslede
  • tee en toebroodjies ná begrafnisdiens van wykslidmate
  • hulp met gemeente-etes indien nodig 
  • diensbeurte – een maand per jaar – sien Almanak 2026:
    • teeskink ná kerk
    • teeskink by kerkraadsvergadering
    • erediensblomme 
    • voedsel vir Bloemshelter op ‘n Vrydag

Die ouderling, diaken of wyksleidster sal die nodige reëlings met wykslede tref. 

Om vas te stel by watter wyk u inskakel, wie die betrokke ouderling, diaken of wyksleidster is, kyk by Wyksindeling, Kerkraad en Bediening in wyke.

Erediens- en ander inligting word per Whatsapp aan wyke gekommunikeer. Maak seker dat u deel van die wyk se Whatsapp-groep is. 

Wyksbyeenkoms – een maal per kwartaal – Sondag voor Nagmaal. Die ouderling sal reëlings tref vir die wyksbyeenkoms aan huis van ‘n wykslid.

Versorging

Pastorale Sorg

Die leraars en ouderlinge wil graag lidmate pastoraal bystaan en bemoedig. Indien daar ‘n behoefte aan ondersteuning of pastorale gesprek is, kontak hulle gerus vir ‘n afspraak by die kerk of om u tuis te besoek. 

Ds. Johan Marais neem leiding in ons pastorale versorging van lidmate (0845178052). Ons gaan in kleingroepe, wyksverband, by aftree-oorde en na nuwe intrekkers veral, uitreik – ‘n uitnodiging kom na jou!

Wyke 1 – 10 

Ds. Jan Lubbe – 0827849362

Wyke 11-20  

Ds. Johan Marais – 0845178052

Kinders/Jeug

Ds. Janke Hurter – 0788949166

Onderlinge omgee

Elke wyk word (sover moontlik) deur ‘n ouderling, diaken en wyksleidster bedien. Om uit te vind met wie om te skakel, raadpleeg die wyksinligting by Bediening in Wyke.

Vir inskakeling van nuwe lidmate – sien Nuwe Lidmate.

Seniorbediening
Seniorbediening kuiergeleenthede

Kuiergeleenthede met interessante onderwerpe vir senior lidmate (65+):

-Volgende kuiergeleentheid-

Woensdagoggend, 11 Februarie 2026 – 09:30

Spreker: Ds. Jan Lubbe

Tema: In die begin…  vertellings oor Berg-en-Dal se eerste jare

 

-Vorige kuiergeleenthede-

Woensdag, 10 September 2025 – 09:30

Spreker: Althea van ADASA

Tema: Alzheimers

September is Alzheimersbewusmakingsmaand

Woensdag, 13 Augustus 2025 – 09:30

Spreker: Johannes de Villiers

Tema: Die wetenskap van Blydskap

Woensdag, 14 Mei 2025 – 09:30 – Konsistorie

Afrikaans is amptelik 100 jaar ‘n landstaal; die NGK Vrystaat is 160 jaar

Luister saam na “Reflections” – ‘n meevoerende musiekwerk van Jacobus Koppers (Suid-Afrikaans/Kanadese orrelis) oor die geskiedenis en uitbeelding van Afrikaans.

Woensdag, 12 Maart 2025 09:30 – Berg-en-Dal Kerksaal

Geleentheid: Senior lidmate Herfstee

Kunstenaar: Christof van der Berg

Siësta Aftree-oord

Berg-en-Dal is by die geestelike versorging van inwoners van Siësta Aftree-oord betrokke:

  • Sondae: lidmate (inwoners van Siësta) word met Berg-en-Dal se kombi kerk toe vervoer vir die erediens
  • Weeklikse Fokus word aan verswakte lidmate van Berg-en-Dal by Siësta besorg 
  • Maandelikse biduur – 11:00 elke tweede Donderdag van die maand – gelei deur een van Berg-en-Dal leraars
  • Nagmaal: kwartaalliks aan inwoners en personeel van Siësta bedien 
  • Ouderling, Claudine Engelbecht, en diaken, Mathilda Henning, is verantwoordelik vir sorg en omgee aan Siësta as wyk
  •  

Siësta Aftreeoord val binne die (oorspronklike) geografiese grense van Berg-en-Dal.

Fokus geneem na verswakte lidmate

Die weeklikse Fokusnuusbrief word op Vrydae aan verswakte senior lidmate van Berg-en-Dal besorg: tuis – waar nodig – asook aan nabygeleë aftree-oorde: Aliquando, Bewarea, Kiepersol, Noorderbloem, Serenicare, Serenitas, Sewe Damme en Siësta. 

Eredienste

Kerkdiens - 09h30

-aanbiddingstyl meer klassiek - orrelbegeleiding
-direkte uitsending van oggenderediens via youtube
-Doop en Nagmaal: raadpleeg Almanak 2026 vir datums van sakramentsbediening

Gesinsdiens - 09h30

-in die saal gedurende skoolkwartale
-hoofsaaklik gerig op gesinne met jong kinders, tot en met graad 4
-meer informele styl
-Junior Kategese (peuters, kleuters en Graad 1-4) - net ná die Gesinsdiens - 10:00-10:35

Aanddiens - 18:00

Formaat en inhoud wissel:
-gewone aanddiens
-diens met spesifieke tema: Getuienis, Hoop en Heling
-Preek van die Leek
-aktuele onderwerp met sprekers
-Jeugbediening: Lofprysing, Matriekdiens, Gr.7-diens, Afsluiting van Kategese
-Diens van Woord en Gebed - Taizé
-Pastorale Gesprek
-Hervormingsfees saam met GKSA Bfn-Noord
-Wyksbyeenkoms een per semester
-raadpleeg Almanak 2026 vir besonderhede

Sothodiens - 15h00

-Sondagmiddae in die kerksaal
-aangebied deur teologiese student Steve Bopane

Diens van Woord en Gebed - Taizé - 18h00

-maandelikse meditatiewe aandgebed (sedert 2009)
-plek van stilte, gebed, musiek en Skriflesing
-God laat Hom vind in die stilte van ons gebed
-enigiemand wat hunker na God, ongeag watter kerk, kulturele agtergrond of taalgroep, oud en jonk, is welkom
-laaste Sondag van die maand
-raadpleeg Almanak 2026 vir datums

Uitsendings via YouTube

- direkte uitsending van oggenderedienste in die kerk

Liturgiese simbole, klede en kleure

By Berg-en-Dal maak ons van liturgiese simbole, klede en kleure gebruik om die kerkjaar uit te beeld.
Lees meer hieroor by Liturgiese klede en kleure.

Kategese

Meer oor Kategese 2026

Jeugleraar/Kategesehoof

Ds. Janke Hurter – 0788949166

Jeugouderling 

Frikkie Badenhorst – 0662996664

Admin/Skakeling

Denise Louw – 0731803193

Junior Kategese

Sondae net ná die Gesinsdiens

10:00-10:35

Werkboeke @ R70.00 – beskikbaar by die Kerkkantoor

Peuters en Kleuters

-Bybelverhale en eenvoudige aktiwiteite spesifiek op peuters en kleuters gerig

Graad 1 tot 4

-Leer ken die mooiste Bybelverhale oor die weg waarop God met sy mense gegaan het, van die Skepping tot met Jesus se hemelvaart

Graad 5 en 6

-Leer ken die leefwêreld van die Bybel: die landskap, kultuur, feeste en betekenis daarvan vir ons lewe met God

Graad 7

-‘n Oorgangsjaar waarin dit wat tot hier geleer is, saamgevat word

-Graad 7’s word voorberei vir die nuwe groeifase in hul geestelike lewe

Kategete

-‘n Baie goeie span toegewyde kategete – sommige self ouers, ander entoesiastiese jong studente

-Whatsapp-groep tussen kategeet en ouers en/of katkisante vir elke jaargroep

-Vir navrae skakel met Rikus van Pletzen of ds. Janke Hurter 

Junior Kategete

Peuters – Brigitte Vorster – 0835787178 – Eden

Kleuters – Madelein Kymdell – 0794846288 – Kanaän

Kleuters – Marisa Potgieter – 0722105637 – Kanaän

Graad 1 – Chané Potgieter – 0732334899 – Mamre

Graad 2 – Lisa Bloem – 0833299336 – Bet-El

Graad 2 – Corrie Marais – 0837727902 – Bet-El

Graad 3 – Chenelle Joubert – 0844724006 – Ebenaeser

Graad 4 – Mathilda Henning – 0833210570 – Betanië 

Graad 4 – Anabelle Laubscher – 0726262990 – Bethlehem

Hulpkategete (vir Junior of Senior Kategese)

Senior Kategese

Sondae net ná die Kerkdiens

10:40-11:20

Werkboeke @ R80.00 – beskikbaar by die Kerkkantoor

Graad 8 tot 10
-Gaan dieper in op die Bybelboodskap:
  • Gebod (Christelike lewenswyse)
  • Gebed (Christelike spiritualiteit)
  • Geloof (Christelike belydenis)

Graad 11
-Afrondingsjaar: waarin katkisante gehelp word om
  • op hul doop te antwoord
  • hul geloof te bely
  • en om uitgestuur te word as getuies van Christus na elke akker van sy koninkryk op hul lewenspad verder

Kategete

Senior Kategete

Graad 5 – Helena Marais – 0826047338 – Kanaän

Graad 5 – Natasja Badenhorst – 0725996634 – Mamre

Graad 6 – Mia Smith – 0636450714 – Bet-El

Graad 7 – Frikkie Badenhorst – 0662996664 – Berg Sinaï

Graad 7 – Lalla du Plessis – 0827094376 – Ebenaeser

Graad 8 – Mia de Jager – 0606413125 – Bethlehem

Graad 9 – Ds. Janke Hurter – 0788949166 – Betanië 

Graad 10 – Ds. Jan Lubbe – 0827849362 – Konsistorie

Graad 11 – Ds. Johan Marais – 0845178052 – Jeugkamer

Belydenisaflegging

-Besonderhede oor voorbereiding van katkisante met die oog op belydenisaflegging word deur die leraar verantwoordelik vir die belydenisgroep gekommunikeer

-Belydeniskamp: 18-20 Julie 2026 (Stads- en Koshuisgroep)

-Afrondingsnaweek vir belydenisgroep: 16-17 Oktober 2026

-Belydenisaflegging: 24 Oktober 2026 

Koshuiskategese - Huis Eie Haard (Sentraal)

-Woensdagaande 18:00

-Belydeniskamp: 

(Koshuis- en Stadsgroep)

-Afrondingsnaweek vir belydenisgroep: 

-Belydenisaflegging:  Oktober 2026 

Bybelstudie

Woensdagaand

19:00 Jeugkamer en aanlyn – almal welkom

“Sewe tekste uit sewe dekades van Berg-en-Dal se lewe voor Gods aangesig.” 

Om in te skakel, kontak ds. Jan Lubbe – 0827849362

Woensdagaand

19:00 Saal –
jongmense tussen 19 en 30 welkom

“Die ewige Koninkryk. Vind troos en hoop in Daniël.

Om in te skakel, kontak ds. Janke Hurter – 0788949166

Donderdagoggend

09:00 Jeugkamer – almal welkom

“‘n Padkaart vir die lewe.”  

Om in te skakel, kontak ds. Johan Marais – 0845178052

Doop

-Maandeliks op die eerste Sondag van die maand-

Skakel met een van die leraars asook die kerkkantoor om die nodige reëlings te tref.

Huweliksbevestiging

Vir die bevestiging van ‘n huwelik deur een van die leraars van Berg-en-Dal in die kerkgebou van Berg-en-Dal of elders, skakel met die betrokke leraar, asook met die kerkkantoor.

Vir die bevestiging van ‘n huwelik deur ‘n besoekende predikant in die kerkgebou van Berg-en-Dal, skakel met die kerkkantoor. 

Inligting en kostes ten opsigte van dienste wat Berg-en-Dal tydens ‘n huweliksbevestiging kan bied, bv. orrelis, koster, klankversorging en lewendige uitsending, verskyn in die aansoekvorm vir huweliksbevestiging.

Voltooi die aansoekvorm vir huweliksbevestiging en besorg dit aan die kerkkantoor.

Huweliksbevestiging aansoekvorm om te voltooi:

Begrafnisse

Vir ‘n begrafnis: skakel met een van die leraars en daarna met die kerkkantoor.

Vind inligting oor vergoeding van dienste wat Berg-en-Dal tydens ‘n begrafnis kan lewer in die Begrafnisinligtingstuk. 

Lees die inligtingstuk oor begrafnisse by Berg-en-Dal: 

Gedenkmuur

Berg-en-Dal beskik oor ‘n gedenktuin met ingeboude enkelnisse (@ R2 000) en dubbelnisse (@ R3 000) vir die stoflike oorskot van geliefdes.

Skakel met die skriba by die kerkkantoor vir inligting oor die gedenkmuur. 

Dankoffers en deurkollekte

Bankbesonderhede

NG Kerk Berg-en-Dal
ABSA
Takkode: 632005
Tjekrekening: 470-580-011

Verwysing:
Naam of voorletters & van, asook doel van betaling, bv. dankoffer/kollekte/
kermisbydrae

Epos bewys van betaling na: finansies@bergendalkerk.co.za

SnapScan
Debietordervorm

Voltooi en onderteken die debietordervorm

Epos voltooide vorm na: finansies@bergendalkerk.co.za

Seisoene van die Liturgiese Kerkjaar

Liturgiese simbole, klede en kleure

Advent

Seisoen waarin die koms van Christus na die wêreld gevier word

Vier Sondae voor Kersfees tot 6 Januarie

koningsblou en goud

adventskrans, adventskalender, Isaï-stomp

Berg-en-Dal

-Kanselkleed: koningsblou met stermotief

-Liturgiese band: koningsblou met Christusmonogram en stermotief

-Kerssangdiens tot Epifanie 

-Aansteek van vier adventkerse

Epifanie

Seisoen waarin die verskyning van die Lig in die wêreld gedenk word

Vanaf eerste of tweede Sondag in Januarie tot met Aswoensdag

rooi en goud

ster van Bethlehem

Berg-en-Dal

-Kanselkleed: rooi met Alfa & Omega-motief

-Liturgiese band: maroen met Christusmonogram en Alfa & Omega-motief

-Eerste Sondag in skoolkwartaal in Januarie tot laaste Sondag vóór Aswoensdag 

Lydenstyd

Seisoen waarin die lyding van Jesus Christus gedenk word

Vanaf Aswoensdag oor tydperk van veertig dae en ses Sondae tot die Donderdag vóór Goeie Vrydag 

dieprooi of purper

palmtakke, kruis, doringkroon of spykers

Berg-en-Dal 

-Kanselkleed: pers met doringkroonmotief

-Liturgiese band: pers met Christusmonogram en doringkroonmotief

-Vanaf eerste Sondag ná Aswoensdag tot Witte Donderdag met die Nagmaalsdiens

-Sewe lydenskerse brand op kandelaar, elke Sondag word ‘n volgende een uitgedoof

Goeie Vrydag

Dag ter herdenking van Jesus Christus se kruisiging, sterwe en begrafnis – dag van sobere eenvoud in liturgie en simbole, gestroop

dieprooi of purper

kruis, doringkroon of spykers

Berg-en-Dal

-Kanselkleed: pers met doringkroonmotief of geen kanselkleed

-Liturgiese band: pers met Christusmonogram en doringkroonmotief

-Sewe lydenskerse op kandelaar, laaste een in die middel word uitgedoof

Opstanding

Sondag waarop die opstanding van Christus gevier en oordink word

Paassondag 

wit en goud

kruis, leë graf

Berg-en-Dal

-Kanselkleed: roomwit met kruis en ligsimbole

-Liturgiese band: wit met Christusmonogram en ligsimbole

-Paassondag 

Pase

Seisoen waarin die opstanding van Christus gevier en oordink word

Vanaf Paassondag tot die eerste Sondag ná Hemelvaart (50 dae)

wit en goud

lig wat deurbreek

Berg-en-Dal

-Kanselkleed: roomwit met kruis en ligsimbole

-Liturgiese band: wit met Christusmonogram en ligsimbole

-Vanaf Paassondag tot die Sondag ná Hemelvaart

Pinkster

Seisoen waarin die uitstorting, Persoon en werk van die Heilige Gees gedenk word

Vanaf Pinkstersondag tot Drie-Eenheidsondag

rooi, wit en goud

‘n duif, vuurtonge

Berg-en-Dal

-Kanselkleed: roomwit met duifmotief

-Liturgiese band: rooi met Christusmonogram en duif/vlammotief

-Vanaf Pinkstersondag tot voor die eerste Sondag van die derde skoolkwartaal

Koninkrykstyd

Seisoen waarin ons die werk van die Drie-Enige God in die skepping, verlossing en heiligmaking in ons lewens gedenk

Vanaf Drie-Eenheidsondag tot en met Advent

groen

skippie met kruis

Berg-en-Dal

-Kanselkleed: groen met triskelemotief

-Liturgiese band: groen met Christusmonogram en triskelemotief

-Vanaf eerste Sondag van derde skoolkwartaal tot voor Sondag met Kerssangdiens/Advent

Kerkdiens - 09h30

-aanbiddingstyl meer klassiek - orrelbegeleiding
-direkte uitsending van oggenderediens via youtube
-Doop en Nagmaal: raadpleeg Almanak 2023 vir datums van sakramentsbediening

Gesinsdiens - 09h30

-in die saal gedurende skoolkwartale
-hoofsaaklik gerig op gesinne met jong kinders, tot en met graad 4
-meer informele styl
-Junior Kategese (peuters, kleuters en Graad 1-4) - net ná die Gesinsdiens - 10:00-10:35

Aanddiens - 18:00

Formaat en inhoud wissel:
-gewone aanddiens
-diens met spesifieke tema: Getuienis, Hoop en Heling
-Preek van die Leek
-aktuele onderwerp met sprekers
-Jeugbediening: Lofprysing, Matriekdiens, Gr.7-diens, Afsluiting van Kategese
-Diens van Woord en Gebed - Taizé
-Pastorale Gesprek
-Paassangdiens saam met DRC Andrew Murray
-Hervormingsfees saam met GKSA Bfn-Noord
-Wyksbyeenkoms kwartaalliks
-raadpleeg Almanak 2023 vir besonderhede

Sothodiens - 15h00

-Sondagmiddae in die kerksaal
-aangebied deur teologiese student Steve Bopane

Diens van Woord en Gebed - Taizé - 18h00

-maandelikse meditatiewe aandgebed (sedert 2009)
-plek van stilte, gebed, musiek en Skriflesing
-God laat Hom vind in die stilte van ons gebed
-enigiemand wat hunker na God, ongeag watter kerk, kulturele agtergrond of taalgroep, oud en jonk, is welkom
-laaste Sondag van die maand
-raadpleeg Almanak 2023 vir datums

Uitsendings via YouTube

- direkte uitsending van oggenderedienste in die kerk

Liturgiese simbole, klede en kleure

By Berg-en-Dal maak ons van liturgiese simbole, klede en kleure gebruik om die kerkjaar uit te beeld.
Lees meer hieroor by Liturgiese klede en kleure.